PDM lei protes by Nasionale Jeugraad
Die PDM se jeugliga lei tans ‘n protes buite die Nasionale Jeugraad se Windhoek-kantore. Die groep eis ‘n vergadering met die tussentydse voorsitter Beverly Silas, wie hulle nie erken nie. Dit kom na lynminister Agnes Tjongarero ‘n tussentydse raad aangestel het na ‘n nuwe raad reeds verkies was. Kosmos 94.1 Nuus het met die jeugliga se sekretaris-generaal Julia Nekwaya gesels wat sê hulle soek duidelikheid.
Die polisie is na die toneel ontbied en het gepoog om die protesgangers te verwyder maar hulle het geweier en sê hulle bedreig nie die personeel van die raad nie.