Damme kry steeds invloei, Hardap op 16,4 persent

Sommige riviere vloei steeds na die mildelike reën en NamWater het ‘n opdatering gegee van die damme wat water gevat het sedert Maandag. Von Bach staan op 23,9 persent en Swakoppoort op 24, 8 persent. Die Omatako wat dolleeg was is op 2,9 persent. Hardap het sedert gister 1,29 miljoen kubieke meter invloei gehad, wat steeds voortduur, en is op 16,4 persent. Die Otjivero siltdam by Gobabis is 2,5 persent vol en die Daan Viljoendam het 13,5 persent water. Die Oanob by Rehoboth is 31,9 persent vol. Die Olushandadam in die noorde staan op 39,6 persent.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *