PDM is grootste verloorder (van inkomste) na verkiesing

Die skommeling na die verkiesings sal sommige partye duur te staan kom. Plaaslike media berig dat ‘n setel in die Nasionale Vergadering inkomste van rondom 1,1 miljoen Namibiese dollar jaarliks vir die betrokke party beteken. Dus sal Swapo 13 miljoen Namibiese dollar jaarliks verloor met die PDM wat 11 miljoen dollar verloor. Intussen sal die IPC verdienste van 22 miljoen dollar kry met ‘n verdere 2,2 miljoen dollar vir sy twee Nasionale Raad setels. Die Affirmative Repositioning-beweging ontvang 6,6 miljoen dollar jaarliks en die LPM skuif op van 4,4 miljoen tot 5,5 miljoen dollar. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *