Telecom volg leidrade op na kuberaanval

Plaaslike media berig dat Telecom Namibia verskeie leidrade opvolg na die reuse-kuberaanvaal vroeg in Desember verlede jaar. Volgens die maatskappy se uitvoerende hoof dr. Stanley Shanapinda, ondersoek hulle nog die kernoorsaak van die aanval en ‘n forensiese ontleding word op die oomblik uitgevoer. Hy sê daar is nie veel wat hy nou publiek mag maak nie en dat hulle saam met die polisie werk. Enige inligting wat gedeel sal word sal in oorleg met wetstoepassers gedoen word. Hunters International is verantwoordelik vir die aanval en het Telecom ‘n verlies van inligting van 5,4 miljard Namibiese dollar veroorsaak. Data van 493 000 rekeninghouers is uitgelek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *