Chaos op Oujaar regdeur Duitsland

Vyf mense is dood en tientalle noodwerkers is beseer in ‘n reeks vuurwerkvoorvalle wat die Nuwejaarsvierings in Duitsland ontsier het. Brandbestryders en ander nooddienspersoneellede is geteiken in minstens 13 aanvalle wat aangemeld is. In Berlyn het brandbestryders op Oujaarsaand op 1 892 voorvalle gereageer en 330 mense in hegtenis geneem. ‘n Duitse omgewingsorganisasie het opnuut ‘n oproep gedoen vir ‘n nasionale verbod op die privaat verkope van vuurwerke op Oujaarsaand.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *