Telecom Namibia-kliënte se persoonlike data op sosiale media

Die persoonlike dokumente van duisende Telecom Namibia-kliënte word op sosiale media gesirkuleer. Volgens die NBC is dit die dokumentasie wat tydens die verpligte registrasie van SIM-kaarte verskaf is. Dit kom in die nasleep van die losprysaanval deur kuberkrakers op die maatskappy, wat gelei het tot die uitlek van meer as 400 000 sensitiewe lêers. Die kuberkraker-groep Hunters International het aan die begin van Desember toegang tot Telecom Namibia se data verkry. Dit het eers op die donkerweb verskyn maar word nou ook op sosiale media-platforms versprei.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *