Sasol se gastoevoer na SA ontwrig deur Mosambiek-oproer

Sasol het sy gasuitvoer na Suid-Afrika beperk na hy sy Mosambiekse produksie verminder het om sy werkers en bates te beskerm. Kliënte is ingelig hy kan nie tans sy volle voorraad handhaaf nie. Die streek se grootste aluminium-smelter, South32 naby Maputo se hawe, het vroeër die maand die krag by sy produksiegeriewe verminder om grondstowwe te bewaar en bedryfsbestendigheid te handhaaf. Minstens 248 mense het gesterf in die toenemende onrus ná die verkiesing. Meer as een-duisend-500 gevangenes het Woensdag uit ‘n maksimum-sekerheids-gevangenis naby Maputo ontsnap, waartydens 33 gesterf het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *