Komponis skryf lied vir King’s College se Kersdiens

‘n Klassieke komponis wat saam met die rock-legende Paul McCartney opgetree het, Bill Ives, is gekies om ‘n nuwe lied te skryf vir die wêreld se bekendste Kersdiens, wat op Oukersaand uitgesaai word aan ‘n wêreldgehoor van 160-miljoen mense. Die diens in King’s College in Cambridge word sedert 1918 gehou, maar die kapel het onlangs opdrag gegee dat ‘n nuwe lied elke jaar gekomponeer moet word. Ives was een van die uiters suksesvolle King’s Singers wat in die paddakoor gesing het op McCartney se liedjie We All Stand Together.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *