Landdroshof in Bishop Lavis kry ekstra beskerming

Die justisie-departement sê bykomende veiligheidsmaatreëls is ingestel om die Landdroshof in Bishop Lavis in Kaapstad te beveilig. Betogers het die veiligheidshek van die hof bestorm, die vensters stukkend geslaan en die voorste ingang aan die brand gesteek. Die groep wou vermoedelik wraak neem nadat ‘n bendeleier in polisie-aanhouding dood is. Die departement sê stelsels word ingestel om te verseker die hof se bedrywighede gaan voort.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *