Engeland se Parry wen Mauritius Ope
Gholf: John Parry van Engeland het die Mauritius Ope gewen, en daarmee sy eerste DP World-toertitel in 14 jaar. Die 38-jarige het sy laaste ronde agt-onder op 64 voltooi vir ‘n oorwinning van twee houe oor die Suid-Afrikaners Christo Lamprecht en Dylan Naidoo, gesamentlik tweede. Parry se vorige oorwinning in Europa was die Vivendi-beker in 2010 en vanjaar het hy oorwinnings behaal in die Uitdaagtoernooi.