ManU se Mason Mount weer beseer
Sokker: Mason Mount se moeilike seisoen by Manchester United word net erger en hy gaan vir nog ‘n ruk langs die kantlyn moet sit. Die voormalige Chelsea-middelveldspeler is ‘n randfiguur sedert hy in Julie verlede jaar by Old Trafford aangekom het. Hy sukkel om sy spel te verbeter en sukkel met beserings. Die Engelse internasionale ster het tot dusver net 32 keer vir United gespeel, ‘n enkele doel aangeteken, en was in die beginspan vir net nege Premierliga-wedstryde.