Pikkelbal word by Australiese Ope ten toon gestel
Pikkelbal: Een van die wêreld se snelgroeiendste sportsoorte sal volgende maand tydens die Australiese Ope-tennistoernooi in Melbourne ten toon gestel word. Die pikkelbaltoernooi sal tydens die laaste naweek van die Grand Slam-toernooi van 24 Januarie af op Baan Drie aangebied word. Prysgeld van 1,84-miljoen Namibiese dollar is op die spel. Pikkelbal is ‘n vinnige raket-sport wat met ‘n geperforeerde plastiekbal gespeel word. Dit is reeds gewild onder voormalige atlete en bekendes soos André Agassi, Steffi Graf, Taylor Swift en George Clooney.