EIA’s skiet kort, oorsig dringend nodig

Die Namibiese Omgewings- en Natuurlewevereniging beklemtoon in ‘n artikel die gebreke in Namibië se Omgewingsimpakbepalingsproses, wat dikwels gereduseer word tot ‘n boksie-afmerk-oefening wat die rykes bevoordeel terwyl sosiale en omgewingsgeregtigheid verwaarloos word. Die EIA Tracker, wat alle geregistreerde Omgewingsimpakbepalings aanteken, onthul dat baie projekte tekortskiet aan deursigtigheid en aanspreeklikheid. Openbare insette word dikwels geïgnoreer, en omgewingsevalueringspraktisyns is dikwels ongekwalifiseerd of buig die reëls om ontwikkelaars tevrede te stel. Die artikel vra vir ‘n meer professionele benadering, insluitend die daarstelling van ‘n formele liggaam vir omgewingsevalueringspraktisyns, en beter afdwinging van omgewingsbestuursplanne. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer van die Omgewing, dr. Chris Brown, wat sê daar behoort ‘n gedwonge professionele liggaam vir omgewingsevalueringspraktisyns te wees. Hy het meer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *