Gemeenskap, bewusmaking stuit wiel-diewe

Die polisie in die Omaheke-streek het tussen September en November 10 gevalle van diefstal van voertuigbykomstighede, veral wiele, hanteer. Verskeie inhegtenisnemings het gevolg en volgens die polisie gebruik die diewe universele moere om die wiele vinnig en maklik af te haal. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met hoofinspekteur Fina Sakajengenga, die streekhoof van gemeenskapspolisiëring, wat sê hulle bewusmaking in die gemeenskap was suksesvol.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *