Proteas se laaste T20 teen Pakistan reën uit

Krieket: Gisteraand se derde en finale T20 tussen Suid-Afrika en Pakistan moes laat vaar word weens voortdurende reën en donderweer oor die Wanderers. Kaartjies vir die wedstryd was uitverkoop, maar die ondersteuners moes teleurgesteld huis toe gaan toe die Johannesburgse donderstorm dinge deurmekaargekrap het. Die Proteas het die reeks 2-0 ingepalm na oorwinnings in Durban en Centurion verlede week. Die reeks van drie eendagwedstryde tussen die twee spanne begin Dinsdag in die Paarl.