Gesondheidsuitgawes uit eie sak net 8%, sê minister

Volgens die gesondheidministerie bly Namibiërs se gesondheidsorguitgawes wat hulle uit eie sak moet betaal opvallend laag op net 8 persent. Gesondheidminister dr. Kalumbi Shangula het sy tevredenheid met hierdie prestasie uitgespreek en sê dit weerspieël ‘n vermindering in die finansiële laste van gesondheidsorg. Shangula het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is positief vir beide die land se gesondheidsorgstelsel en sy inwoners.