Oud-dubbelskampioene weer saam by Aussie Ope
Tennis: Die mans-dubbelskampioene van 2022, Thanasi Kokkinakis en Nick Kyrgios, gaan weer saamspeel by volgende maand se Australiese Ope. Die Australiërs het hulle landgenote Max Purcell en Matthew Ebden twee jaar gelede in die eindstryd in Melbourne geklop, maar Kyrgios kon sedertdien nie veel speel nie weens talle beserings. Die eerste Grand Slam-toernooi van die jaar begin op 12 Januarie, wanneer die wêreld se voorste mans- en vroue-enkelspelers, Jannik Sinner van Italië en Aryna Sabalenka van Belarus, hulle titels gaan begin verdedig.