Geslaagde aansoeke van IPC, LPM oor verkiesings ‘net die begin’

Die Verkiesingskommissie is in die Verkiesingshof opdrag gegee om inligting aan die IPC en LPM te verskaf, soos aangevra in hul dringende aansoeke. Die partye het afsonderlike aansoeke ingedien oor aspekte van die Nasionale Vergadering-verkiesings, wat toe saamgevoeg is. Hulle kan op 18 en 19 Desember toegang kry tot verkiesingsmateriaal, en die polisie moet teenwoordig wees. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die sekretaris-generaal van die Republikeinse Party, Elvire Theron, wat sê dit is net die begin.