Rekord mielie uitvoere in SAAugust 16, 2021

Suid-Afrika se mielie-uitvoer in die huidige seisoen beloof om die naasgrootste in die geskiedenis te wees. Dis volgens die hoof-ekonoom van die Suid-Afrikaanse Landbou-sakekamer, Wandile Sihlobo. Hy sê die afgelope week was die 14de in Suid-Afrika se 2021-2022 mielie-bemarkingsjaar. Die weeklikse uitvoer was 85 173 ton; 65-persent was na Suid-Korea, 22 persent na Taiwan en die res na elders in suidelike Afrika. Sihlobo sê Suid-Afrika se 2021-2022 mielie-uitvoer staan nou op 1,1 miljoen ton, 42 persent van die voorspelling van die jaar.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *