Daar’s bystand beskikbaar, veeboere, gebruik dit

Agribank se skakelbeampte, Fillemon Nangonya, moedig Namibiërs aan om beskikbare geleenthede te benut. Hy versoek veral veeboere om Agribank te nader vir hulp om boorgate te boor en waterskaarste-uitdagings aan te spreek. Nangonya het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en ook die belangrikheid daarvan beklemtoon dat boere veerkragtige boerderypraktyke moet aanneem om die veranderende weerstoestande die hoof te bied.