Telecom weer kuber-voorval af, alle data veilig
Telecom Namibië het ‘n opdatering van ‘n kuberveiligheidsvoorval gegee en stel die publiek gerus dat alles onder beheer is. Telecom het ‘n kuberverkenning-sending vroeg geïdentifiseer en dit betyds afgeweer, weens sy gevorderde voorval-monitering en opsporingstelsels, asook sy protokolle. Telecom benadruk dat daar nie toegang verkry is tot enige derde-party data of persoonlike inligting, of kliënt-verwante data nie, en dat nie uitgelek het of gekompromitteer is nie. Toegang is ook nie verkry tot die stelsels wat hierdie data huisves nie en dis ook nie gekompromitteer nie.