Man vas vir ietermagô

‘n 29-jarige man sal na verwagting vandag in die Outapi landdroshof verskyn nadat hy die naweek in hegtenis geneem is vir die besit van ‘n lewendige ietermagô. Volgens die Namibiese polisie is hy vas as gevolg van ‘n spesiale operasie. Die man het volgens berigte gepoog om die dier aan ‘n geheime polisielid te verkoop. Hy is ook met meer as 3 000 dollar in kontant gevang wat owerhede meen onwettig bekom is. Die polisie se ondersoek duur voort.