Nascam verhoog tantième

Die Namibiese Vereniging van Komponiste en Skrywers van Musiek, Nascam, se uitvoerende hoof Albert Nicanor het onlangs ‘n verhoging in tantième na 2,3 miljoen Namibiese dollar vir 2024 aangekondig, teenoor 2 miljoen dollar verlede jaar. Tantième-uitbetalings sal op 23 Desember begin, en lede word versoek om hul bankbesonderhede en SIM-bevestigings op te dateer. Nicanor verduidelik die uitbetalings.