Hichilema word Zambië se nuwe presidentAugust 16, 2021
Die Zambiese opposisieleier Hakainde Hichilema is die land se nuwe president. Hichilema het net meer as 2,8 miljoen stemme op hom verenig teenoor Edgar Lungu se net meer as 1,8 miljoen. Die land se voorsitter van die verkiesingskommissie Esau Chulu het vanoggend Hichilema as die wenner bevestig.