IPC wil weet hoekom stembusse oopgemaak word

Die nasionale sekretaris-generaal van die IPC Christine !Auchamus het in ‘n brief aan die Verkiesingskommissie ‘n verduideliking geëis oor hoekom sy verkiesingsbeamptes deur die voorsittende beampte ingeroep is om weer stembusse oop te maak. Sy sê beamptes in die Khomas- en Erongo-streke is ingeroep. Sy wil weet om watter rede hulle ingeroep word en wie die opdrag gegee het. Sy sê dit is onwettig en voeg by dat hulle hofaansoek dieselfde eis.