Ontlont Mos-kwessie, of SAOG-streek in gevaar
Die Padvragvereniging sê Suid-Afrika moet voorrang gee aan diplomatieke pogings om die krisis in Mosambiek op te los. Politieke onrus ontwrig belangrike handelsroetes, veral die hawe van Maputo, en dit stel nywerhede wat van hierdie voorraadketting afhanklik is in gevaar. Die uitvoerende hoof van die vereniging, Gavin Kelly, versoek president Cyril Ramaphosa om in te gryp om bestendigheid te verseker, om te voorkom Suid-Afrika en die SAOG-streek stort ekonomies in duie.