1 457 kinders sterf in SA in weens wanvoeding

Die DA sê 1 457 kinders het in die afgelope twee jaar in Suid-Afrika weens wanvoeding gesterf, met die meeste gevalle wat ernstig en akuut was. Michele Clarke van die DA sê KwaZulu-Natal, Limpopo, die Oos-Kaap en Gauteng is die hardste getref, met onderskeidelik 265, 230, 190 en 172 sterftes tussen 1 Januarie 2023 en 8 November vanjaar.