Chelsea maak punte bymekaar in EPL

Sokker: Chelsea het Tottenham Hotspur met vier-twee geklop en is nou net vier punte agter die Premierliga-voorloper, Liverpool. Spurs het binne elf minute twee-nul voorgeloop na doele deur Dominic Solanke en Dejan Kulusevski. Jadon Sancho het Chelsea weer op dreef gekry en die Blues het sake in die tweede helfte omgekeer met twee strafskoppe deur Cole Palmer en ʼn doel van Enzo Fernandez. Chelsea se hoofafrigter, Enzo Maresca, hou vol hulle is nie in die titel-wedloop nie.