Iran het sy uraan-verryking versnel – Grossi

Iran se versnelling in sy verryking van uraan tot naby aan wapengraad is uiters ernstig, het geen burgerlike regverdiging nie en weerspreek Teheran se bewerings dat hy ernstige kernkragonderhandelinge wil hê. Dit is volgens Westerse bronne vertroud met die saak. Reuters berig Rafael Grossi, hoof van die VN se kernwaghond Internasionale Atoomenergie-agentskap, het aan hom bevestig Iran versnel sy verryking van uraan tot 60 persent suiwerheid, en nader die ongeveer 90 persent vlak wat wapengraad is. Westerse bronne het groot kommer daaroor.