Namibië, SA skenk groot vir Santa-skoenboksprojek
Skenkers aan die Santa-skoenboksprojek het weer eens saamgespan om minderbevoorregde kinders reg oor Namibië en Suid-Afrika te steun, met 74 751 skoenbokse wat vanjaar geskenk is. Die uitvoerende hoof van die projek, Deb Zelezniak, sê hoewel sy gehoop het om 75 000 kinders in 2024 te bereik, is die oorskreiding van verlede jaar se totaal terwyl mense steeds finansieel herstel ‘n uitstaande prestasie. Sy sê afgesien van die getalle is dit die uitwerking op die kinders wat regtig saakmaak: