Kampeerders in olifant-gebiede moet by riglyne bly
Vakansiegangers wat kampeer in gebiede waar daar olifante is, moet veiligheidsriglyne volg om hul persoonlike veiligheid en die van die diere te verseker. ‘n Veilige afstand moet vanaf olifante gehandhaaf word, kos en afval moet veilig gebêre word om te voorkom dat dit hulle lok, en geraasvlakke moet laag gehou word sodat hulle nie skrik nie. Daar moet net in aangewese areas kamp opgeslaan word en mense moet veral in die nag waaksaam wees wanneer olifante meer aktief is. Dit is volgens Rachel Harris, die besturende direkteur van Elephant Human Relations Aid, bekend as Ehra. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en brei uit.