Janusz Waluś sal na Pole gedeporteer word

Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het Janusz Waluś se deportasie ná die einde van sy parooltydperk bevestig. Waluś is destyds skuldig bevind van die sluipmoord op die leier van die SAKP, Chris Hani, in 1993. Die Konstitusionele hof het in 2022 parool aan hom toegestaan, en sy parooltydperk verstryk vandag. Ntshavheni sê aangesien Waluś nie meer Suid-Afrikaanse burgerskap het nie, hanteer die Departement van Binnelandse Sake sy deportasie na sy vaderland, Pole.