SAL-staking moet opgelos word, dringend
Die DA sê die voortgesette staking van vlieëniers by die Suid-Afrikaanse Lugdiens moet dringend opgelos word om skade aan die toerismeseisoen te voorkom. Die party waarsku ontwrigtings tydens die spitstyd kan lei tot miljoene rande se verlore inkomste, omdat talle passasiers gewoonlik in Desember met die redery vlieg. Haseena Ismail van die DA versoek die SAL om so spoedig moontlik ‘n oplossing vir die staking te vind om die ekonomie en die toerismesektor te beskerm: