TransNamib sal eers oor drie jaar wins toon – Van Jaarsveld

Die uitvoerende hoof van TransNamib, Desmond van Jaarsveld, sê dit sal nog drie jaar neem voor die maatskappy enige wins sal toon. Intussen het hy ‘n lening van 2,6 miljard Namibiese dollar van die Ontwikkelingsbanke van beide Namibië en Suid-Afrika ontvang maar, hy sê dit is bekom as gevolg van sy bates. Dus, sal die lening nie onmiddellik gebruik word nie. Daar moet klem gelê word op kliëntediens.