Vyf dood, drie beseer in Mosambiek

Minstens vyf mense is dood en drie ernstig beseer in betogings regoor Mosambiek. Orlando Mudumane, woordvoerder van die polisie se algemene bevel, sê botsings het tussen die polisie en betogers wat met klippe, messe en kapmesse gewapen was, uitgebreek. Die betogings is uitgeroep deur Venancio Mondlane, van die opposisie wat nie die 9 Oktober stemmery aanvaar nie. Van Suid-Afrika, waar hy skuiling gesoek het, het Mondlane ‘n weeklange landwye betoging van 4 tot 11 Desember aangemoedig, met die doel om paaie, spoorweë, hawens en lughawens te versper om die waarheid oor die verkiesings te herstel.