Inflasie en kospryse: Geen meer vrugte vir jou nie
Die inflasiesyfers is deur die Namibiese Statistieke-agentskap bekend gemaak en inflasie vir November staan op 3 persent. Maar, daar was stygings in voedselpryse vergeleke met November 2023. Vrugte was 15,8 persent duurder met koffie en tee wat met 10,7 persent gestyg het. Suiker-produkte is op met 6,7 persent en vleis, met 5,7 persent. Brood en grane is 5,6 persent duurder en groente, 4,9 persent. Olies en vette is met 4,6 persent op en vis met 2,4 persent. Suiwel en eiers het jou 1,5 persent meer uit die sak gejaag.