Regtegroepe bepleit verwydering van Simelane

Defend Our Democracy bepleit die voormalige minister van Justisie, Thembi Simelane, se verwydering, uit haar nuwe rol as minister van Menslike Nedersettings ná nuwe korrupsiebewerings. Die bewerings strek terug tot toe sy die burgemeester van Polokwane in Limpopo was en behels twyfelagtige beleggings in VBS Mutual Bank en haar weelderige leefstyl. Die groep se uitvoerende direkteur, Zaakirah Vadi, vra president Cyril Ramaphosa om haar te skors hangende die uitslag van die ondersoek.