Cosatu teleurgesteld oor 0,3% BBP-daling

Cosatu sê dit is teleurstellend dat die land se bruto binnelandse produk met 0,3-persent ingekrimp het in die derde kwartaal, vergeleke met die tweede kwartaal. Statistieke Suid-Afrika sê die belangrikste bydraers tot die afname is landbou, vervoer en kommunikasie. Zanele Sabela van Cosatu sê dit het vir ‘n kort rukkie gelyk asof daar verbetering is toe uitgebreide werkloosheid met 0,7-persent gedaal het en inflasie afgeneem het na 2,8-persent.