Salarispeiling vir Afrika-lande is misleidend – ekonoom

Volgens Business Insider het Statista en Salary Explorer ’n lys saamgestel van die top 10 Afrika-lande waar werkers die hoogste gemiddelde maandelikse salarisse verdien. Marokko en Suid-Afrika boaan die lys met gemiddelde maandelikse salarisse van onderskeidelik sowat 36 654 Namibiese dollar en ongeveer 36 565 dollar. Namibië is sesde op hierdie lys met ‘n gemiddelde salaris van net meer as 21 000 dollar. Gemiddelde salarisse is bedoel om te dien as aanwysers, nie omvattende maatstawwe van ‘n land se ekonomiese welstand nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die plaaslike ekonoom, Gabriel Erastus, wat sê die syfers is misleidend.