Sjef bepleit met diewe om sy pasteie vir die in nood te skenk 

Diewe in die noorde van Engeland het verdwyn met ‘n voertuig met 2 500 pasteie, ter waarde van meer as 570 000 Namibiese dollar. Die Michelin-ster-sjef, Tommy Banks, sê die pasteie was gelaai en gereed om by die York Kersmark afgelewer te word. Hy het per video ‘n boodskap aan die diewe gestuur en gesê hulle sal nie die pasteie kan verkoop nie aangesien sy handelsmerk daarop is. Hy het hulle toe gevra om in die gees van Kersfees die regte ding te doen…