Petaia sluit aan by die NFL 

Die gewese Wallabies-speler Jordan Petaia gaan ‘n loopbaan in die Amerikaanse Nasionale Voetballiga – die NFL – najaag nadat hy in die International Player Pathway-program aanvaar is. Die program gee ook aan atlete van ander sportsoorte geleentheid vir ‘n kontrak by een van die 32 NFL-spanne. Die 24-jarige sal tien weke by ‘n afrigtingskamp in Florida deurbring voordat hy kans sal kry om agente in Maart op ‘n voetbaldag te beïndruk. Petaia sê dit voel soos die regte tyd om sy droom na te jaag: