Godongwana praat met beleggers

Die nuwe Suid-Afrikaanse Minister van Finansies, Enoch Godongwana, het aan
beleggers gesê hy is daartoe verbind om die fiskale raamwerk te handhaaf, selfs al
verskil sy styl van sy voorganger, Tito Mboweni. Godongwana en ander amptenare van die buurland se Tesourie het met beleggers gesprek gevoer. Hy het verskeie ekonomiese aangeleenthede bespreek, insluitend die
openbare loonrekening en skulddienskoste wat die risiko van die buurland se fiskus in gevaar stel.