Haaie op na sesde op VRK-punteleer
Rugby: Die Haaie het van negende tot sesde plek verbeter op die Verenigde Rugbykampioenskaps-punteleer nadat hulle die Stormers die naweek in Durban 21-15 verslaan het. Die Kaapstadse span bevind hulle in ʼn nagmerriejaar steeds in die 13de plek nadat die voormalige kampioen tot dusver net twee van hulle ses wedstryde kon wen. Die Bulle vaar die beste van die Suid-Afrikaanse spanne in die derde plek na Leinster en Glasgow Warriors nadat hulle tot dusver net een wedstryd verloor het. Die Leeus is vyfde na Cardiff.