Letsile Tebogo, Sifan Hassan wêreldatlete van die jaar

Atletiek: Die Olimpiese kampioene Letsile Tebogo van Botswana en Sifan Hassan van Nederland is op die Wêreldatletiektoekennings in Monaco aangewys as die mans- en die vroue-atleet van die jaar. Die 21-jarige Tebogo het Botswana se eerste Olimpiese kampioen geword toe hy die 200-meter in Parys gewen het. Hy het ook die toekenning vir mans-baanatleet van die jaar ingepalm. Mondo Duplantis van Swede, wat sy eie wêreldrekord verbeter het met sy gouemedalje in die paalspring, is aangewys as mans-veldatleet van die jaar.