Plaaslike boukontrakteurs (weer) oorgesien
Die konstruksie van die Ogongo-Oshakati pyplynvervanging en bykomende werke ter waarde van amper 237 miljoen Namibiese dollar is deur NamWater aan Chinese maatskappye toegeken. Die werke is in drie dele verdeel met drie Chinese firmas wat 19,7 kilometer teen 88 miljoen Namibiese dollar, dan 14 kilometer ter waarde van 69,6 miljoen dollar en die laaste 17,9 kilometer ter waarde van 79,6 miljoen dollar sal voltooi. Bärbel Kirchner, die uitvoerende hoof van die Konstruksiebedryf-federasie, sê dit lig die voortslepende uitsluiting van plaaslike kontrakteurs uit.