Duitse forum looi ECN in verklaring
Die Forum vir Duitssprekende Namibiërs het die Verkiesingskommissie oor die kole gehaal. In ‘n verklaring sê die groep dat terwyl die voorbereidings vir die verkiesings redelik doeltreffend hanteer is en kiesers goed ingelig is, was die enigste dag wat werklik saak gemaak het, verkiesingsdag, ‘n ramp. Die forum sê die kommissie moet onthou dat Namibiërs stemreg het, en dit is dus nie ‘n voorreg wat die kommissie mag toestaan of weerhou nie. Demokratiese prosesse is benadeel en oor die algemeen is twyfel oor die uitslag van ‘n verkiesing skadelik vir ‘n jong demokrasie.