Blitsbokke skop goed af by Dubai Sewes

Rugby: Die Blitsbokke het vanoggend vuurwarm afgeskop toe hulle Australië 17-0 geklop het in hulle eerste wedstryd van die Dubai-toernooi. Quewin Nortjé het die Bokke se eerste punte aangeteken met ‘n drie in die eerste helfte, terwyl Tristan Leyds twee keer oorgeduik het – eers in die eerste helfte en toe in die tweede. Hy het ook een van sy drieë verdoel. Die rustydtelling was 10-0. Die Suid-Afrikaners kom vanmiddag te staan teen Kenia, en vanaand teen die Franse in Groep A van die kompetisie.