Koffiepryse hoogste in 47 jaar

Koffiepryse het gister laer geëindig nadat dit vroeër die hoogste vlak in byna ‘n halfeeu bereik het tydens gister se verhandeling. Die skerp styging is aangevuur deur minder voorrade terwyl Brasilië se voorste produsent sukkel om ten volle te herstel na vanjaar se droogte. Handelaars sê ook sommige boere in Brasilië het die aflewering vertraag van vanjaar se oes om dalk selfs hoër pryse te kry, wat gelei het tot ‘n korttermyn tekort aan voorraad en groot finansiële verliese vir handelaars wat verwag het om die koffie te ontvang.