Proteas stel aan Sri Lanka ‘n wenteiken van 516
Krieket: Die Proteas het Sri Lanka ‘n wenteiken van 516 gestel op die derde middag van die eerste toets in Durban toe hulle hulle tweede beurt gesluit verklaar het op 366 vir vyf. Dit volg op Suid-Afrika se eerstebeurt-voorsprong van 149 lopies nadat hulle die besoekers vir slegs 42 lopies uitgeboul het. Kaptein Temba Bavuma het sy vegtersbeurt van 70 in die eerste beurt opgevolg met 113 in die tweede terwyl Tristan Stubbs 122 aangeteken het. Aiden Markram het sy onlangse lopiedroogte afgeskud met 47.