IPC soek antwoorde by ECN oor verkiesingsverlenging

Die IPC en sy leier, Panduleni Itula, het in ‘n brief aan die Verkiesingskommissie deur hul prokureurs, Conradie Incorporated, dringende antwoorde geëis oor die verlenging van die verkiesing. Dit sluit in dat die kommissie spesifiseer in terme van watter seksie van die Kieswet of die konstitusie hy gemagtig is om aan die president ‘n verlenging voor te stel. Die party wil ook afskrifte van sekere dokumente hê, onder meer die navorsing waarop daar besluit is om sekere stemlokale te heropen en ander nie. Itula is tans besig met ‘n perskonferensie oor die aangeleentheid.